In die begin het die Skepper die hemel en die aarde geskape, en toe Hy by die Klein-Karoo kom, se Hy: "Laat daar bruin, harde grond, vaal bossies en klippers wees." Toe maak Hy 'n bietjie te veel daarvan en dit strek vir tweehonderd myl lank en eenhonderd myl breed. Ewentwel. Op die vyfde dag het Hy die diere geskep, en vir afleiding en aardigheid maak Hy sommer die koddige volstruis. Die sesde dag maak hy die mense, en toe hy die Khoi en die San in die Karoo neersit, wil hulle hulle doodlag vir die Groot Volstruis met sy ...
Read More
In die begin het die Skepper die hemel en die aarde geskape, en toe Hy by die Klein-Karoo kom, se Hy: "Laat daar bruin, harde grond, vaal bossies en klippers wees." Toe maak Hy 'n bietjie te veel daarvan en dit strek vir tweehonderd myl lank en eenhonderd myl breed. Ewentwel. Op die vyfde dag het Hy die diere geskep, en vir afleiding en aardigheid maak Hy sommer die koddige volstruis. Die sesde dag maak hy die mense, en toe hy die Khoi en die San in die Karoo neersit, wil hulle hulle doodlag vir die Groot Volstruis met sy lang nek en sy eierlyf. Net daar vererg die Groot Volstruis hom en sweer wraak teen die nasate van die mens, tot in die verste geslag. Die wraak tref Hendrik van der Westhuizen, uithaler jong boer van die Oudtshoorn-distrik, op die vooraand van sy troue met die hovaardige Isabella Fourie, toe hy halsoorkop verlief raak op die pragtige bediendemeisie Eva Damon. Maar die instink van sorg, grond en erf loop te sterk in Hendrik, en hy word verskeur tussen plig en liefde. Toe die volstruisveerbedryf later, nadat dit hoog opgelig het, hard laat val, kry die Groot Volstruis sy finale hou in. Eers met Hendrik en Eva se nageslag, toe Danie van der Westhuizen, argeoloog, en Tessa van der Westhuizen, verloopte kunstenaar, by die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn ontmoet, word al die ou spoke opgejaag.
Read Less
Add this copy of Sorg (Afrikaans Edition) to cart. $45.00, very good condition, Sold by Chapter 1 Books rated 5.0 out of 5 stars, ships from Johannesburg, SOUTH AFRICA, published 2006 by Penguin Books.
Choose your shipping method in Checkout. Costs may vary based on destination.
Seller's Description:
Very Good. Afrikaans. 207 pages (complete). Wraps edge worn and marked. Mild tanning, minor markings. Still in a very good condition, tightly bound and intact. MK.
Add this copy of Sorg to cart. $74.00, very good condition, Sold by Chapter 1 Books rated 5.0 out of 5 stars, ships from Johannesburg, SOUTH AFRICA, published 2006 by Penguin Books Suid-Afrika.
Choose your shipping method in Checkout. Costs may vary based on destination.
Seller's Description:
Very Good. Inscribed by Author(s)The wraps are slightly shelf rubbed. The name of the person to whom the book was inscribed has been crossed through. Tightly bound. The book is in Afrikaans. [R. K]