Insektopedie le die betowering en ryke verskeidenheid van die wereld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie - van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. 'n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; 'n ander een dek die kritieke rol wat die diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou. Die boek sluit af met 'n 60-bladsy geillustreerde veldgids wat die ...
Read More
Insektopedie le die betowering en ryke verskeidenheid van die wereld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie - van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. 'n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; 'n ander een dek die kritieke rol wat die diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou. Die boek sluit af met 'n 60-bladsy geillustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, 'n uitgebreide ID-seksie en 'n paar honderd nuwe foto's.
Read Less