'n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, "Ounooi" soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oe van Nicci kan afhou. Want in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van 'n meisie wat aan 'n oordosis sterf en hoekom het sy en 'n ...
Read More
'n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, "Ounooi" soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oe van Nicci kan afhou. Want in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van 'n meisie wat aan 'n oordosis sterf en hoekom het sy en 'n tweede slagoffer dieselfde tatoeeermerk? Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwereld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wereld. Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliese ly en die hart aangryp.
Read Less
Add this copy of Slaafs to cart. $60.00, very good condition, Sold by Chapter 1 Books rated 5.0 out of 5 stars, ships from Johannesburg, SOUTH AFRICA, published 2016 by Umuzi.