Bettina Wyngaard
Bettina Wyngaard studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy op negentienjarige ouderdom haar B.A.-graad behaal en daarna die LL.B.- graad. Bettina word koördineerder van die gender-kantoor van die Anglikaanse Kerk op Somerset-Wes. In Grabouw, haar tuisdorp is sy betrokke by Dare to Care, 'n voedingsprogram in een van die plakkerskampe. Sy is ook 'n trustee van Anglican Aids and Healthcare Trust, 'n nasionale organisasie wat met mense, en veral kinders, werk wat deur MIV geaffekteer...See more
Bettina Wyngaard studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy op negentienjarige ouderdom haar B.A.-graad behaal en daarna die LL.B.- graad. Bettina word koördineerder van die gender-kantoor van die Anglikaanse Kerk op Somerset-Wes. In Grabouw, haar tuisdorp is sy betrokke by Dare to Care, 'n voedingsprogram in een van die plakkerskampe. Sy is ook 'n trustee van Anglican Aids and Healthcare Trust, 'n nasionale organisasie wat met mense, en veral kinders, werk wat deur MIV geaffekteer is of self daarmee lewe. Op vrywillige basis doen sy hierdie trust se regswerk. Sy behoort aan die Afrikaanse tak van die internasionale skrywersorganisasie PEN en word verkies as ondervoorsitter. In 2016 is sy een van die Afrikaanse skrywers wat deelneem aan die Afrikaanse Kultuurfees in Amsterdam in Nederland. See less
Bettina Wyngaard's Featured Books