'n Rugbylegende is volksbesit; iemand wat ver buite die grense van provinsialisme aanvaar en bewonder word. Noord-Transvaal en die Blou Bulle het van die wereld se grootste rugbylegendes opgelewer. Mens kan dadelik dink aan Frik du Preez, bekend vir die legendariese wedstryd waar hy sommer "gedrop, geplace en gescore" het. Herinneringe aan Naas Botha se taktiese skoppe, waar hy selfs kan spog met 'n doelskop van die kantlyn af in 'n amperse orkaan en stortreen. Joost van der Westhuizen met sy giftige breekslae van vaste ...
Read More
'n Rugbylegende is volksbesit; iemand wat ver buite die grense van provinsialisme aanvaar en bewonder word. Noord-Transvaal en die Blou Bulle het van die wereld se grootste rugbylegendes opgelewer. Mens kan dadelik dink aan Frik du Preez, bekend vir die legendariese wedstryd waar hy sommer "gedrop, geplace en gescore" het. Herinneringe aan Naas Botha se taktiese skoppe, waar hy selfs kan spog met 'n doelskop van die kantlyn af in 'n amperse orkaan en stortreen. Joost van der Westhuizen met sy giftige breekslae van vaste fasette af en ook losskrums en losgemale sal menige rubgy-ondersteuners bybly. En Victor Matfield wat wereldrugby se lynstane oorheers het is maar enkeles wat in die merkwaardige boek voorkom. Hierdie boek bespreek die loopbane en prestasies van 75 van die legendariese spelers wat die afgelope 75 jaar vir Noord-Transvaal, die Blou Bulle en die Bulls gespeel het.
Read Less
Add this copy of Blou Bul Legendes to cart. $49.00, very good condition, Sold by Chapter 1 Books rated 5.0 out of 5 stars, ships from Johannesburg, SOUTH AFRICA, published 2012 by Lapa Uitgewers.