Roland de Vries
Generaal Majoor (Afgetree) Roland de Vries, SD, SM, MMM, is 'n voormalige adjunk hoof van die Suid-Afrikaanse Leer. Roland se 37-jare loopbaan in die Suid Afrikaanse Weermag het onder andere die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, wat vir 23-jaar lank van 1966 tot 1989 geduur het, ingesluit. Gedurende hierdie tydvak het hy ook as die bevelvoerder van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep gedien. Roland de Vries gee tans nog jaarliks klas aan die Australiese Bevel en Staf Kollege in Canberra, waartydens die...See more
Generaal Majoor (Afgetree) Roland de Vries, SD, SM, MMM, is 'n voormalige adjunk hoof van die Suid-Afrikaanse Leer. Roland se 37-jare loopbaan in die Suid Afrikaanse Weermag het onder andere die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, wat vir 23-jaar lank van 1966 tot 1989 geduur het, ingesluit. Gedurende hierdie tydvak het hy ook as die bevelvoerder van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep gedien. Roland de Vries gee tans nog jaarliks klas aan die Australiese Bevel en Staf Kollege in Canberra, waartydens die voer van moderne oorlogvoering bespreek en ontleed word. Hy is die skrywer van verskeie publikasies wat verband hou met die militere en veiligheids omgewing, onder andere drie boeke getitel: Mobiele Oorlogvoering - 'n Perspektief vir Suider Afrika (wat in 1987 gepubliseer is), sy lewensverhaal Eye of the Firestorm (wat in 2013 gepubliseer is) en Mobile Warfare for Africa, wat deur Helion Books in Engeland in Augustus 2017 gepubliseer is. De Vries is die afgelope vier jaar vrywillig en onverbonde betrokke by 'n projek, waar hy gemeenskappe ondersteun met die beplanning en implementering van inisiatiewe teen misdaad-terreur. See less
Roland de Vries's Featured Books