Dieter Voigt
Dieter Voigt het by die destydse Onderwyskollege op Wellington studeer en vyf jaar lank onderwys gegee. In sy laaste week van studies het ? motiveringspreker die studente toegespreek en hulle meegedeel "dat sy generasie sewe keer van beroep gaan verander en dat die laaste drie beroepe nog nie eens bestaan nie". Dit skyn asof Dieter vinnig besig is om hierdie profetiese woorde waar te maak. In 2007 het hy die Mnr Suid-Afrika kompetisie gewen. Hy is ? gewilde aanbieder op Pasella en deeltydse...See more
Dieter Voigt het by die destydse Onderwyskollege op Wellington studeer en vyf jaar lank onderwys gegee. In sy laaste week van studies het ? motiveringspreker die studente toegespreek en hulle meegedeel "dat sy generasie sewe keer van beroep gaan verander en dat die laaste drie beroepe nog nie eens bestaan nie". Dit skyn asof Dieter vinnig besig is om hierdie profetiese woorde waar te maak. In 2007 het hy die Mnr Suid-Afrika kompetisie gewen. Hy is ? gewilde aanbieder op Pasella en deeltydse model. Nou skrywer. En volgende? See less
Dieter Voigt's Featured Books