Herman Lategan se verhouding met Afrikaans is soos 'n huwelik: stormagtig, uitbundig, wild, liefdevol. Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se "Woorde wat wip"-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste halleluja gesigte opkikker. In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens 'n woord en bou 'n storie om dit. Die inhoud val uiteen as 'n tipe abecedarium - speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet ...
Read More
Herman Lategan se verhouding met Afrikaans is soos 'n huwelik: stormagtig, uitbundig, wild, liefdevol. Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se "Woorde wat wip"-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste halleluja gesigte opkikker. In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens 'n woord en bou 'n storie om dit. Die inhoud val uiteen as 'n tipe abecedarium - speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak. Herman is nie bang om (soms geniepsige) sosiale kommentaar te lewer nie, en van die stories handel oor verlies, verlange, patos; ander is sommer laf of selfs katterig. Al gewonder wat 'n huilboerboom, meelwurms, kofia, ietsjoe beentjie, sandkombers of kamdebooharpuisbos is? In hierdie boek word di??? woorde, en vele meer, geaktiveer as spilpunte waarom heerlike stories verweef is. Ideaal vir proe-proe lees op enige plek waar jy jou sit of l??? die lekkerste kry
Read Less
Add this copy of Opstokers, Fopdossers En Tweegatjakkalse: Stories Oor to cart. $64.00, very good condition, Sold by Chapter 1 Books rated 5.0 out of 5 stars, ships from Johannesburg, SOUTH AFRICA, published 2018 by Penguin Books.
Choose your shipping method in Checkout. Costs may vary based on destination.
Seller's Description:
Very Good. Size: 9x5x0; Signed by Author. Afrikaans text. 195 Pages. The wraps presents as strong and sturdy. Internally, clean and complete. Tightly bound. [Ak]