Daar is kleurryke stories oor Khoi-hoofmanne wat in die sewentiende eeu oorsee gegaan het; die Boesmans se verdrag met leeus; die wyse Mohlomi; die krygshaftige vrou Mantatisi; Coenraad de Buys, die skurkagtige pionier; die swart Jode van Venda; Christiaan de Wet en sy broer Piet, wat aan verskillende kante in die Anglo-Boereoorlog geveg het; die dapperheid van generaal De la Rey se vrou, Nonnie; en die planne om Mandela uit Robbeneiland se tronk te laat ontsnap. Daar is boonop heeltemal nuwe verhale oor skipbreukelinge van ...
Read More
Daar is kleurryke stories oor Khoi-hoofmanne wat in die sewentiende eeu oorsee gegaan het; die Boesmans se verdrag met leeus; die wyse Mohlomi; die krygshaftige vrou Mantatisi; Coenraad de Buys, die skurkagtige pionier; die swart Jode van Venda; Christiaan de Wet en sy broer Piet, wat aan verskillende kante in die Anglo-Boereoorlog geveg het; die dapperheid van generaal De la Rey se vrou, Nonnie; en die planne om Mandela uit Robbeneiland se tronk te laat ontsnap. Daar is boonop heeltemal nuwe verhale oor skipbreukelinge van die sestiende en sewentiende eeu, van wie baie met Zoeloe- of Xhosavroue getrou het; oor Guillaume Chenu de Chalezac, die Franse seun wat in 1680 deur 'n Xhosa-hoofman aangeneem is en later 'n Pruisiese generaal geword het; oor die merkwaardige Engelse vrou Sarah Heckford wat 'n handelaar in die Boererepublieke en raadgewer vir koningin Modjadji geword het; en oor die Duitse oorlogsweeskinders wat tydens die Tweede Wereldoorlog na SA gekom het.
Read Less