As hy die finansiele state het, kan hy begin. Daarvoor het hy kontakte by al die belangrikste banke, sorgvuldig oor jare bymekaargemaak. Op sommige van hulle het hy 'n houvas omdat hy inligting oor hulle uitgesnuffel het. Wanneer hy die dokumente voor hom het, begin die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hulle base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy ...
Read More
As hy die finansiele state het, kan hy begin. Daarvoor het hy kontakte by al die belangrikste banke, sorgvuldig oor jare bymekaargemaak. Op sommige van hulle het hy 'n houvas omdat hy inligting oor hulle uitgesnuffel het. Wanneer hy die dokumente voor hom het, begin die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hulle base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy maag. Dis soos wanneer 'n jagter die slot oopmaak en die patrone in die magasyn druk. Vir hom is so 'n finansiele dokument die reuk van forensiese geweerolie. Daar is geen waarborg dat hy sal tref of selfs 'n skoot sal inkry nie, maar dis die begin van die jag. Roux Venske, hy is die jagter. Finansiele knoeiers is sy prooi. Dit is maar 'n raap-en-skraap-bestaan as vryskut, maar hy oorleef. Verdien goed genoeg om tyd te he om 'n bietjie 'n bestekopname van sy lewe te doen, selfterapie toe te pas, agter te kom wie en wat hy is en waarheen hy op pad is. Nee, eintlik om agter te kom waar dinge vir hom verkeerd geloop het. Waar die eerste krake begin wys het. Die dat Nono Baloyi se oproep hom nie juis opgewonde gemaak het nie. Sy is hoog op in die een of ander staatsdepartement. Se sy het iemand soos hy nodig. Hoogs vertroulik. Sy soort ding, ja, maar ...Maar toe kry hy, terwyl hy met haar goed besig is, die state. Dit het niks met haar te make nie. Wel met een van die rykste mense in die land, 'n mynmagnaat met die naam Vincent Mabena. Iemand is besig om miljoene van hom te steel. Maar wat het dit met hy wat Roux Venske is te make? Waarom probeer hy so hard om Mabena te waarsku dat hy sy lewe op die spel plaas? En nie net syne nie, maar ook die van sy eksvrou wat hom help met 'n paar spioenasietakies.
Read Less
Add this copy of Krake to cart. $64.00, very good condition, Sold by Chapter 1 Books rated 5.0 out of 5 stars, ships from Johannesburg, SOUTH AFRICA, published 2014 by Tafelberg.
Choose your shipping method in Checkout. Costs may vary based on destination.
Seller's Description:
Very Good. Afrikaans. 253 pages (complete). Wraps a bit shelf rubbed and marked. Tanning, minor markings. Still in a very good condition, tightly bound and intact. 1st edition. MK.