Charlie Human se Bokveld binnekort is 'n wonderlike toevoeging tot die versameling knap spekulatiewe fiksie wat die afgelope ruk deur Suid-Afrikaanse skrywers soos Lauren Beukes, Sarah Lotz, en S.A. Partridge gelewer is. Die hoofkarakter, Baxter Zevcenko, is 'n sestienjarige hardebaard wat 'n pornografiesindikaat op sy skool se speelgrond bedryf. Baxter is vlymskerp, het 'n donker sin vir humor en die roman is ryk aan heerlike pittighede. Die hel is los wanneer Baxter se meisie Esme ontvoer word en hy met 'n skok op ...
Read More
Charlie Human se Bokveld binnekort is 'n wonderlike toevoeging tot die versameling knap spekulatiewe fiksie wat die afgelope ruk deur Suid-Afrikaanse skrywers soos Lauren Beukes, Sarah Lotz, en S.A. Partridge gelewer is. Die hoofkarakter, Baxter Zevcenko, is 'n sestienjarige hardebaard wat 'n pornografiesindikaat op sy skool se speelgrond bedryf. Baxter is vlymskerp, het 'n donker sin vir humor en die roman is ryk aan heerlike pittighede. Die hel is los wanneer Baxter se meisie Esme ontvoer word en hy met 'n skok op Kaapstad se bonatuurlike onderwereld afkom. 'n Ongewone tand op die toneel van Esme se verdwyning help Baxter om kennis te maak met Jackie Ronin, 'n man wat bonatuurlike monsters jag. Saam probeer hulle vir Esme opspoor en kruis hul wee met 'n gloeiende man uit Wes-Afrika, die berugte Koningin van die Nagsluipers en 'n waansinnige wapendeskundige genaamd Basson. Baxter probeer so hard om sin te maak van hierdie vreemde wereld dat hy nie agterkom dat hy deel is van Basson se bose plan wat die aarde bokveld toe kan stuur nie. Bokveld binnekort is 'n skreeusnaakse, opwindende en interessante boek wat deur meer lesers as wetenskapfiksiegeesdiftiges geniet sal word. Dit is fantasties in elke sin van die woord en is die begin van 'n belowende loopbaan vir hierdie jong skrywer. Die boek word gelyktydig in Suid-Afrika en in die Verenigde Koninkryk uitgegee.
Read Less
Add this copy of Bokveld Binnekort to cart. $62.00, good condition, Sold by Chapter 1 Books rated 5.0 out of 5 stars, ships from Johannesburg, SOUTH AFRICA, published 2013 by Umuzi.