Ons weet dat die maan iets met die getye te doen het, maar het jy geweet dat jy met volmaan altyd dieselfde kant van die maan sien? Of dat weerligstrale vol vernietigende elektrisiteit is, maar dat 'n elektriese paling 'n lading van tot 600 volt kan vrystel? Hierdie feite is deel van 'n magdom kennis oor die natuur, fisiese wetenskap en die ruimte wat die RSG-program Hoe verklaar jy dit? reeds jare lank beantwoord. Hierdie publikasie bevat 'n keur uit die honderde vrae van nuuskierige luisteraars wat deur kundiges ...
Read More
Ons weet dat die maan iets met die getye te doen het, maar het jy geweet dat jy met volmaan altyd dieselfde kant van die maan sien? Of dat weerligstrale vol vernietigende elektrisiteit is, maar dat 'n elektriese paling 'n lading van tot 600 volt kan vrystel? Hierdie feite is deel van 'n magdom kennis oor die natuur, fisiese wetenskap en die ruimte wat die RSG-program Hoe verklaar jy dit? reeds jare lank beantwoord. Hierdie publikasie bevat 'n keur uit die honderde vrae van nuuskierige luisteraars wat deur kundiges verduidelik is om die wereld minder vreemd te maak, want nie alle kennis van die wereld om ons is voor die hand liggend nie. Daar is honderde verskynsels in die natuur en ruimte wat vra om verklaar te word. Dan praat ons nie eens van die mensgemaakte uitvindings soos die internet, persoonlike rekenaars, globale posisioneringstelsels, selfone, radiogolwe, teorie van evolusie, relatiwiteitsteorie, narkose en mense in die ruimte nie. Agter die alledaagse skuil die fassinerende werking van kragte en wette en die wetenskap in werking: Wat bepaal dat 'n mens se hart aan die linkerkant van die liggaam sit? Hoekom vries water in 'n dam van bo en nie van onder af nie? Kan gene deur omstandighede gemodifiseer word? Hoe verklaar jy dit? is 'n boek wat jou belangstelling in die wereld om jou sal prikkel. Dit is 'n boek wat op sy eie gelees kan word, wat op die koffietafel kan le en wat saam kan gaan kamp om wonderlike gesprekke om die braaivleisvuur uit te lok.
Read Less
Add this copy of Hoe Verklaar Jy Dit? to cart. $60.00, very good condition, Sold by Chapter 1 Books rated 5.0 out of 5 stars, ships from Johannesburg, SOUTH AFRICA, published 2016 by Penguin Random House South Africa.
Choose your shipping method in Checkout. Costs may vary based on destination.
Seller's Description:
Near Fine. Afrikaans text. 5th edition. 181 Pages. The wraps are a little shelf rubbed. They are strong and sturdy. Internally, clean and complete. Tightly bound. r*24/08/2022. [Ak]